Afrikaanse Klub Australië Inc.
Familie Kerskamp 4 - 6 November 2022 te Tallebudgera
Waar: Tallebudgera Creek Tourist Park
Plek: 1544 Gold Coast Hwy, Palm Beach, Gold Coast, Queensland
Datum: Vrydag 4 tot Sondag 6 November 2022
Kersfees is die beste tyd van die jaar, want dit is tyd vir familie en vriende, ‘n tyd vir deel en omgee, ‘n tyd vir gee en meeste van al…
Die Afrikaanse Klub Australië Inc. se Familie Kerskamp
Klein en groot kom deel in die samesyn! Kers liedjies sing, kersvader, geskenke en beste van alles herdenk ons Jesus se geboorte en die wonderlike geskenke van GELOOF, HOOP, VREDE en LIEFDE wat Hy vir ons gee!
Die onderstaande program is slegs 'n aanduiding van die beplande aktiwiteite en tye mag verander.
Elke Naweek bespreking MOET BOKOSTE insluit.
VRYDAG:
· 2:00 nm - Aankoms en uitpak
· 6:00 nm - Bring & Braai met 'n Lekker saam kuier
SATERDAG:
· Opstaan wanneer jy wil
· 10:000 vm – Kinders en Tiener Program - Sand, Son & Water
· 4:30 nm - Kersboom en Saam Kuier
· 6:00 nm - Bring & Braai met 'n Lekker Saam Kuier
SONDAG:
· 08:30 vm – Afrikaanse Kerkdiens
· Oppak en Ry - 10:00 vm Almal moet uit wees
Nota:
-
Die kamp is onderhewig aan:
-
Oord se reëls en regulasies,
-
Qld Health direksie (Covid)
-
Indien die kamp nie plaasvind a.g.v. “Covid” en jy plek bespreek en reeds betaal het, sal die kamp gelde terug betaal word minus die administrasie fooie.
Navrae:
Jannie Bloem - Mob 0413 344 951 of Email: jannie.bloem@outlook.com
BESPREKINGS SLUIT: 24 OKTOBER 2022