Sy Lewe… Sy Lied…

About
Sommer net n konsertjie om die Here te eer vir alles wat Hy al in my en my gesin se lewens gedoen het, veral oor die laaste twee jaar van my lewe met my besering. Ek het 12 Afrikaanse Christelike songs geskryf (party original en ander vertalings) wat op die aand deur ons plaaslike talent gesing gaan word. Elke lied verteenwoordig n deel van my lewe, van toe ek nog in die Hospitaal verward was tot vadag waar ek nog steeds vra en wonder. Ek sal ook op die aand so bietjie meer van elke lied vertel en hoe ek by hom uitgekom het.Hierdie konsert sal “Dis Kersfees” die jaar vervang, en 100% van die opbrengs gaan vir liefdadigheid (Spinal/Disabled in ons eie SA gemeenskap - TBA).
Jy is welkom om op die aand n piekniek mantjie te pak en n Eski/drankie saam te bring - maar hou asb in gedagte dat dit n Christelike aangeleentheid is.
DAAR GAAN NIE BRAAIERS WEES, OF TOEGELAAT WORD NIE.
Bring jou eie kampstoel ook asb.
Meer inligting volg binnekort.
Date
Saturday 29 November 2025 4:00 PM - 9:00 PM (UTC+10)Location
Oasis Church
10 Youngs Crossing Road, Bray Park Qld 4500